Hartlik welkom by Stellenberg-gemeente.  Ons nooi jou graag uit om op ’n Sondag by ons eredienste in te skakel sodat jy meer van die hartklop van die gemeente te wete kom.

Eredienste:

Tydens skoolkwartale:

09:00 Oggenddiens in die kerk met ’n klassieke aanbiddingstyl en begeleiding word deur die Coram Deo musiekgroep behartig.

09:00 Familiediens in die kleinsaal het ’n informele aanbiddingstyl en is gerig op families met laerskoolkinders en kleuters.

09:00 Meditatiewe diens in die kapel met ’n meer gewyde aanbiddingstyl gerig op gebed, stil word en geleentheid vir oordenking.

09:00 Kleuterkerk in die kleuterkerklokaal in die grootsaal vir kleuters en peuters.

18:00 Aanddiens in die kerk met ’n kontemporêre aanbiddingstyl gerig op jongmense en almal jonk van gees.

Tydens langnaweke en skoolvakansies:

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn.

Kategese:

Kategese vir laerskoolkinders word Sondagoggende na afloop van die oggend- en familiedienste aangebied en hoërskool leerders skakel Sondagaande na die aanddiens by kategesegroepe in.  Kontak gerus die jeugkantoor by 021 976 4519/[email protected] om meer te wete te kom oor die funksionering van ons kategese kleingroepe.  Registrasie vir kategese is aanlyn, klik HIER om die aanlyn registrasie af te handel.

Ons kuier saam:

Daar is op Sondagoggende na afloop van die eredienste geleentheid om saam te kuier.  Gratis tee en koffie word in die teetuin, voor die kerkgebou, bedien en by die kafeteria in die markplein word eetgoed, koffie, tee en cappuccino’s verkoop.

Elke eerste Vrydagaand van die maand word ’n gemeentebraai vanaf 18:30 in die markplein aangebied.  Dit is ’n heerlike informele byeenkoms en die ideale geleentheid om ander lidmate te ontmoet.  Bring jou eie vleis, slaai, drinkgoed, eetgerei, borde en glase saam.  Ons voorsien die kole en die samesyn.

Ek wil graag by Stellenberg-gemeente aansluit:

Voltooi gerus die onderstaande vorm aanlyn indien jy jou lidmaatskap na Stellenberg-gemeente wil oorplaas, of by die gemeente wil aansluit.