Algemene dienste

Die volgende algemene dienste word aangebied:

Chaos Computers nou in Stellenberg

Chaos Computers werk nou ook in die Stellenberg/Eversdal-omgewing met ’n Covid-19-vriendelike werkswinkel weg van die besige inkopiesentrums en veilig op jou drumpel.

Ons het ’n oplaai- en hersteldiens en bied ook afslag vir senior burgers aan.

Kontak ons by 021 180 4766 of [email protected]

Versorging van troeteldiere

Indien jy ook glo jou troeteldiere moet in die gemak en sekuriteit van hulle eie huis bly wanneer jy weg gaan, skakel my gerus. Ek is ’n diere-oppasser met 12 jaar ondervinding. Ek pas jou troeteldiere tuis op met die liefde en toewyding waaraan hulle gewoond is. Verwysings is beskikbaar.

Lenie Smuts 084 8052 468

Bellair Shuttle

 Spesiale tariewe na lughawe, vanaf R240.

 Marius Brink by 079 968 5486 | 021 948 2438

Vertaalwerk/Taalversorging/Proefleeswerk

Ervare teksversorger met baie jare ondervinding. Billike tariewe per woord. Tesisse, verhandelings, navorsingsverslae in Engels en in Afrikaans, insluitend vertaling van die uittreksel (abstract) en nagaan van kruisverwysings.

Retha 082 877 9773. E-pos: [email protected]

Dienste aan Seniors

Kontak Suzette by 064 422 1987

 

Jos Veldhuizen Prokureurs

Vir vriendelike, vinnige en effektiewe regshulp wat betref invorderings, kontrakte, familiereg, insolvensiereg en verwante aangeleenthede.

Jos Veldhuizen is ‘n praktiserende prokureur met meer as nege jaar ondervinding.  Skakel gerus, selfs indien u slegs advies wil bekom.

072 456 1392

Milieu Eiendomme

As u daaraan dink om u eiendom te verkoop of te verhuur, skakel gerus vir Jeanne-Pierre 082 878 5582 of Joan 082 8914 920. Ons bring reeds vir 42 jaar Eversdal se huise, harte en dorpstories bymekaar – vertrou ons met jou huis se storie.

U tevredenheid, ons prioriteit.

https://www.milieuproperties.com/

Jannie Barnard vis aflewering

Waarom uitgaan in die koue?  Bestel heerlike stokvis, snoek, kerrievis, viskoekies, russians en calamari.

Koolslaai en skyfies is ook beskikbaar.

Kontak Johann by 072 929 3611.  Maandae tot Vrydae vir meer besonderhede.


Professionele taalversorging

Ek doen taalversorging (taal, spelling, styl en uitleg) van die volgende slegs in Engels:

Tesisse | skripsies | werkstukke

Briewe | pamflette

Artikels | Webtuistes | Aanbiedings

Gretel Wüst

BA (tale) HOD (Stell) Redigeermetodiek (Stell).  Lid van die Professional Editors’ Guild (PEG)

 021 9195336 | 083 252 6556 | [email protected]


Paws Heaven Petsitting

My mission and vision is that the dog and owner will be happy. I will take care of any dog or puppy dropped of at my home.

Rates: R15 per hour | R150 per day.  Owners provide the dog’s food and toys.

Lise 076 124 5603 | [email protected]


Microset | S.F. Blom

Kopiëring van dokumente in swart en wit asook kleur tot A3-grootte.

Uitleg-, set-, druk- en bindwerk van dokumente, sertifikate en boeke.

Foeliedruk , embossing & debossing  op papier, bord en leer.  Laminering tot A3.

Web-ontwerp vir kleiner webwerwe.

 Faan Blom by 021 976 3452 | 082 925 6241 | [email protected]  | faanblom.com


Rekeningkundige en Belastingwerk | Marelize Oliver

‘n Praktyk wat reeds 25 jaar bestaan met kantore in Eversdal en Strand.

Ons spesialiseer in klein besighede en persoonlike belastingopgawes. Kontak my gerus vir alle rekenkundige en belastingwerk.

Spesiale tariewe vir pensioenarisse.

Marelize Oliver  083 261 4861


Ononderbroke kragvoorsiening | UPS Batterye

Kry ’n UPS (Uninterrupted Power Supply) vir voortdurende kragvoorsiening tydens beurtkrag om jou internet, rekenaar, DSTv, TV, outomatiese garage / hekke en ligte aan te hou. Beskerm ook toestelle – “NO SURGE”.

Verskeie opsies beskikbaar:

1kW omskakelaar (inverter) met twee batterye in mobiele kassie vir vanaf R8750 om internet, rekenaar, liggies, TV en dekodeerder vir 3 ure te dryf.

3kW omskakelaar (inverter) met vier batterye in mobiele kassie vir vanaf R19 000 dryf alles soos bo asook yskaste en kleiner huishouding sonder geyser en stoof.

Geïnstalleerde UPS vir krag vir die hele huishouding vir 8+ ure – vanaf R110 000.  5kW inverter + volledige sonkragstelsel met 12 sonpanele en 12 batterye.

Ons doen ook installasies van gastoestelle, soos stowe, geysers en kaggels.

Kontak Chris Bellingan Ingenieurs 082 817 5757  |  [email protected]