Ontvang die Stellenberger (nuusblad) en Bulletin per e-pos
Maak seker dat jy op die gemeente se e-posverspreidingslys is. Die bulletin asook die skakels na die beelduitsendings van die week se eredienste word weekliks op Vrydae per e-pos na lidmate versend. Die Stellenberger (nuusbrief) word maandeliks versprei. Stuur jou e-posadres aan [email protected] om by die verspreidingslys aan te sluit, of voltooi die onderstaande vorm.
Daaglikse stemboodskappe deur leraars op jou selfoon
Indien jy graag na die daaglikse boodskap (’n stemopname deur leraars) op jou selfoon wil luister, stuur asb. ’n WhatsApp, of ’n Telegramboodskap met jou naam + van + stemboodskap na 081 045 2428. Geen gemorspos word na die groep gestuur nie, slegs die stemboodskappe.
Ontvang die bulletin asook die skakel na die aanlyn oggenddiens op jou selfoon
Ontvang die Bulletin weekliks op Vrydae asook die skakel na die aanlyn erediens weekliks op Vrydae op jou selfoon. Sodoende kan jy na die preek op jou selfoon kyk. Stuur asb. ’n WhatsApp, of ’n Telegramboodskap met jou naam+van+bulletin na 081 045 2428. Geen gemorspos word na die groep gestuur nie, slegs genoemde korrespondensie.
BULLETIN | SAMARITAAN | STELLENBERGER
- Kliek HIER om die bulletin af te laai
- Kliek HIER om die Samaritaan af te laai
- Kliek HIER om die Stellenberger af te laai