Annibrand Junior (Laerskool kategese)

  • Annibrand Junior byeenkomste (kategese) is weekliks op Sondae na die oggenddienste tot 10:45.
  • ’n Familiediens gerig op gesinne met voorskoolse en laerskoolkinders word Sondae tydens die eerste drie skoolkwartale om 09:00 in die kleinsaal aangebied.  Tydens die vierde kwartaal skakel die familiediens by die oggenddiens in wanneer ons as gemeente ons saam wees vier tydens gesamenlike oggenddienste om 09:00 in die kerk. 
  • Kleuterkerk |  Die kleuterkerk kom op Sondae vanaf 09:00 tot 10:00 in die koffiewinkel se tuin

Kategese vierde kwartaal 2023 | Interaktiewe pret vir ouers en kinders

Ons nooi alle ouers en kinders (graad 1 tot 6) om na die oggenddiens deel te neem aan ons interaktiewe familieverrykingsessies in die kerk.  Dis groot pret vir almal en jy kan boonop iets leer.  Daar is ‘n lekker verrassing – kom raai: What’s in the box?

 

Aanlyn kategese inskrywings 2023 (Klik hier)

 

Tjokker klub vir graad 1 tot 3

Kliek op die foto om die inskrywingsvorm te voltooi.

 

 Sluit by die WhatApp-groepe vir die Annibrand Junior bediening aan

Skandeer die QR-kode met jou selfoonkamera en sluit by die WhatsApp-groepe vir die onderskeie graadgroepe aan om weekliks inligting oor kategese reëlings te ontvang.