Jongvolwassenes word uitgenooi om by enige van die volgende byeenkomste van die Relevant-bediening in te skakel:
-
RELEVANT-erediens
Op Sondae om 18:00 in die kerk of aanlyn. Om in te skakel by die aanlyn diens besoek ons YouTube-kanaal.
-
THIRTY PLUS-groep
Die groep kom elke tweede Woensdag bymekaar. Dit is ‘n informele groep waar relevante onderwerpe bespreek word en ons lekker saam kuier. Kontak asseblief vir Jeanne Bodenstein 074 616 6587 om by die groep aan te sluit.
-
SELGROEPE VIR BYBELSTUDIE
Kontak Heleen du Toit, 084 563 0122 om by selgroepe vir jongvolwassenes in te skakel. Sluit gerus by ons WhatsApp-groep vir jongvolwassenes aan en ontvang weekliks nuusbrokkies van relevante gemeenteaktiwiteite.