Gedenkdiens | Erna Gericke

Erna Gericke | 24/10/1954 – 22/03/2021

Dit is met groot hartseer dat Stellenberg-gemeente se leraars en lidmate afskeid neem van Erna Gericke.  Erna het saam met haar man, Bremer, vanaf 1981 tot 2017, die gemeente as predikantspaar bedien.  Erna sal altyd vir haar unieke karakter, kreatiwiteit, asook die besondere wyse waarop sy in die gemeente meegeleef het, onthou word.

Haar gedenkdiens word op Woensdag 31 Maart 2021 om 11:00 in die NG kerk Stellenberg gehou.  Bywoning moet weens Covid-19-protokol beperk word en die diens is ongelukkig reeds vol bespreek.  Ons moedig belangstellendes aan om na die direkte uitsending van die diens te kyk.

Kliek op die skakel hieronder om na die gedenkdiens te kyk.