Nuwe Intrekkers
Kliek op die skakel vir volledige besonderhede rondom jou inskakeling in die gemeente.
Om te doop
Kliek op die skakel vir volledige besonderhede oor Stellenberg-gemeente se doopplegtighede en doopkursus.
Lokaalbesprekings
Kontak ons kantoor per e-pos ([email protected]) rondom die verhuringstarriewe van verskillende lokale.
Nissies
Kontak ons kantoor per e-pos ([email protected]) om ‘n nissie te bespreek of aan te koop.
Om te Trou
Indien jy graag die huweliksbevestiging in die kerk of enige ander lokale wil hou kontak gerus die Terreinbestuurder om die nodige besprekings te doen. Daar is ‘n fooi aan die huur van die kerk of ander locale verbonde.
Indien jy verkies dat een van die gemeente-predikante die seremonie behartig moet jy asseblief so spoedig moontlik die nodige reëlings met die betrokke predikant tref. Daar is ‘n fooi aan die huweliksbevestiger betaalbaar.
Paartjies word versoek om ‘n huweliksvoorbereidingskursus voor die troue by te woon. Die kursusse word binne die Ring van Durbanville aangebied aan alle paartjies wat binne die Ring trou. Bespreek asseblief inskakeling by een van die kursusse met jou predikant.
Kontak gerus die kantoor (charlotte@stellenberg.co.za) vir die bespreking van die kerk of lokale en inligting oor die koste daaraan verbonde.
Begrafnisse
- Stel die betrokke leraar in kennis van die sterfgeval.
- Stel die begrafnisondernemer in kennis.
- Die begrafnisondernemer tref die nodige reëlings met die Terreinbestuurder.
- Vir enige ander navrae kontak asb. ons Terreinbestuurder, [email protected] / 021 976 4519.
Vorm