Werksgeleenthede

Werksgeleenthede gesoek en aangebied:

Ontvangsdame | Edelweiss Dienssentrum

Werksure: Ma – Vry vanaf 08:00 tot 14:00

Posvereistes:

Goeie menseverhoudinge | administratiewe vaardighede | organisasie, koördinering en aanbied van funksies | rekenaarvaardig | geldige rybewys

Ondervinding van bejaardesorg sal in u guns tel.

       Rig CV’s aan [email protected].   Navrae: Suzelle Nigrini kontak by 021 976 1150.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2020 – indien u nie  binne 14dae terugvoering ontvang het nie, kan die aansoek as onsuksesvol beskou word


NG Kerk Suid-Afrika | Rekeningkundige beampte

’n Vakature bestaan vir ’n rekeningkundige beampte vir die predikantepensioenfonds.  Dit is ‘n 6/8 pos.

Laai die dokument af vir volledige besonderhede.


Werk gesoek

’n Jongman van 32 jaar, met N5 meganiese ingenieurswese kwalifikasie is op soek na werk terwyl sy studiekursus tot stilstand gekom het weens die landwye inperking. Hy is vaardig in tegniese tekeninge, CAD programme en 3D-ontwerp. Het ook sewe jaar ondervinding as ‘n restaurantbestuurder.  Ook beskikbaar vir ander werk.

 Monte van der Merwe  074 552 7960 | [email protected]


Instandhouding van swembad

Ons benodig die dienste van ’n verantwoordelike persoon wat bereid sou wees om jaarliks, vir ongeveer drie maande, ons swembed in Everglen instand te hou.  Markverwante vergoeding word aangebied.   Dit behels weeklikse besoeke om die chemikalieë en watervlakke te monitor en behoort ongeveer 40 minute van jou tyd in beslag te neem.

Koos 082 551 0124 | [email protected].


Werk gesoek | Durbanville

Afgetrede dame soek halfdag administratiewe werk in Durbanville of Bellville omgewing.  Onmiddellik beskikbaar.

Judy by 082 923 6642


Werk gesoek | Strand

’n Dame met goeie verwysings is op soek na ontvangswerk in Strand of Somerset-Wes.

078 153 4749