Vosburg Karookuier

Vrydag 8 September om 15:00

 

Wat kan jy te wagte wees?

  • Kontreiprodukte soos konfyt, beskuit, koekies, ens. uit die Karoo.
  • Gaar braaiborde met slaai, poeding, pannekoeke, koeldrank, wyn en bier.
  • Vars vleis in verskeie vorme.
  • Geen vooraf bestellings vir vleis word ongelukkig geneem nie.

Laai gerus die aangepas pryslys hier onder af

Vleispryse_2017

 

Hoe kan jy help?

Skenkings van produkte:                                                   

Suiker / Kaneel / Koekmeel / Eiers / Kookolie /  Vla / Crosse and Blackwell mayonaisse.  Gee produkte asseblief by die kerkkantoor af voor Maandag 4 September.

Kontantbydraes:

Betaal asb. kontantbydraes oor na  ABSA,  Tjekrekening 145 058 0011 takkode 632005 met “Vosburg” as verwysing.

Helpers:                                                                                   

Ons het helpers by die volgende stasies nodig:  Aartappelslaai, Poeding en  Pannekoek.  Indien jy bereid is om te help, skryf jou naam op die lyste by die inligtingstalletjie op Sondae, buite die kerkgebou en dui aan waar en in watter tydgleuf jy kan help.  Jy kan ook vir Karen Visagie ’n sms stuur by 082 827 9389, of stuur vir haar ‘n epos by [email protected] om aan te dui waar jy kan help.