Vakansiekaskenades

Neem asb. kennis dat die beoogde vakansieprogram weens die verskuiwing na vlak 3 van inperking asook die skielike styging in infeksies voorlopig uitgestel word.  Verdere inligting sal op die bulletin of per e-pos beskikbaar gemaak word.

 

Met die oog op die lang skoolvakansie wat voorlê beplan ons kinderwerker, Brenda Visser ’n oggendvakansieprogram propvol vrolike kaskenades vir laerskoolkinders vanaf 18 tot 20 Januarie 2021 vanaf 09:00 tot 13:00 op die kerkterrein.

Almal van graad 1-tot-7 is welkom om in te skakel.

Bring jou eie pousekos. Koste: R200 per kind.  Maskers is verpligtend.

Voltooi die inskrywingsvorm en e-pos aan [email protected]

Inskrywingsvorm vir LEIERS

Inskrywingsvorm vir KINDERS