Uitreike 2017

Uiteike – so lyk ons spanne vir die Julievakansie

  • Leeu-Gamka (1 tot 7 Julie) Die spanleier is ds. Peter Kotze en die span is 36 mense sterk.
  • Beaufort-Wes (8 tot 14 Julie) Die spanleier is prop. Elzanne van der Westhuizen en sy het 26 spanlede.
  • Calitzdorp 1 (8 tot 14 Julie)  Die spanleiers is Isabel Steenkamp en Phyline du Toit.  Die eerste Calitzdorp- uitreik het 29 uitreikers.
  • Calitzdorp 2 (15 – 21 Julie)  Die tweede Calitzdorp-uitreik spog met ‘n stewige span van 47. Jongmense van Onrusrivier asook La Rochelle-gemeente sluit by ons aan met hierdie uitreik. Ds. Anton Duvenhage, leraar by die NG Kerk Onrusrivier, sal die uitreik lei.
  • Mavusa (1 tot 16 Julie) Die JAM-span behartig die uitreik.  Hulle word vergesel deur ‘n span Amerikaners wat die uitreik met hulle sal meemaak.

Doen asb. voorbidding vir ons uitreike.  Bid dat die spanne veilig sal reis en dat elke spanlid die liefde en verlossing van Jesus Christus sal verkondig.