Perde Geassisteerde Terapie

Kontak met perde kan jou kind se lewe verander.

Kinders het baie uitdagings wat hulle moet hanteer en soms is hulle nie gemaklik met konvensionele terapie nie.

Sukkel jou kind met verhoudings, leerprobleme, depressie, angstigheid, ADD of PTSD?

Neem die volgende stap en bring jou kind vir ‘n ontmoeting met ’n perd.

Sarah van der Riet verskaf perde geasisteerde terapie en is registreer by EAGALA. Sy bied ’n veilige hawe in die natuur waar emosionele gesondheid, groei en leer bevorder word met die hulp van perde. Sarah gebruik ’n grondgebasseerde ervaringsleer metode waar jou kind meer oor haarself of homself en ander kan leer deur deelteneem aan grond aktiwiteite saam met die perd.

Perde word gebruik omdat hulle baie akkuraat die interne toestand van ander om hulle kan reflekteer. As gevolg van hulle baie skerpsinnige en sensitiewe natuur, reageer perde op die gedagtes, gevoelens en liggaamstaal van mense en weerspieel dit dan. Dit is die wonderlike ding van perde; hulle beoordeel niemand nie. Hulle gee nie om of jy lank of kort, lig of donker, of ryk of arm is nie. Waaroor hulle wel omgee is hoe jy hulle laat voel.

Perde gee onmiddelike direkte terugvoer oor enige verandering in gedrag gedurende terapie – wat werk en wat nie. Gedurende terapeutiese aktiwiteite wat dien as ’n metafoor vir die probleem kan jou kind dan leer om sy of haar reaksie op die perd te verander. Dus hoe om angstigheid te verslap en om verhoudings, leerprobleme en ADD te verbeter.

 

Wat is in dit vir jou?

’n Unieke ondervinding waar ’n konneksie met ’n perd  jou lewe kan verander.

Verbeter jou verhoudings binne jou familie en in groepe.

Los huidige lewensprobleme op.

Leer om persoonlike grense te vestig en ontwikkel beter verhoudings en nie-verbale kommunikasie vaardighede.

Sarah van der Riet

B.A. Sielk (Hons) | M.Th. Kliniese Pastorale Terapie | EAGALA Gesertifiseerd | NOS