FINANSIëLE BEPLANNING

Maak seker jou beplanning is in die kol.

Baie mense kom gedurende kritiese momente agter dat hul finansiële beplanning nie heeltemal in lyn is met die eise van die werklikheid nie.

Dit is kritiese momente soos bv. die geboorte van ‘n baba, egskeiding, die afsterwe van ‘n lewensmaat, afleggings deur ‘n maatskappy en aftrede.

‘n Finansiële konsultant dien as ‘n klankbord sodat jy voorbereid kan wees vir onbeplande gebeurtenisse.

Anita Smit is ‘n Finansiële konsultant met jare se ervaring by Sanlam. Sy ondersteun:

  • Mense wat seker wil maak hulle berei goed voor vir toekomstige finansiële uitdagings
  • mense wat deur egskeidings gaan
  • mense wat bekommerd is oor hul aftrede.

Anita Smit

B.Comm. | HOD | Nagraadse diploma in finansiële beplanning