Seniorweek

Kom kuier saam en deel in die bederftyd vir al ons senior lidmate.

Sondag 16 September 09:00 (geen koste en geen bespreking)

Erediens met spesiale fokus op seniors.  Prediker, ds. Callie Visagie. Edelweiss se koor tree op.  Koffie, tee en verversings vir alle seniors word na afloop van die erediens in die teetuin bedien.

 Maandag 17 September 10:00-12:00, Kleinsaal

Geen koste, maar bespreek by Karin 021 976 4519.

  • 10:00-10:40: Francine van Niekerk, redakteur van LIG, kom gesels oor die rol van die tydskrif oor die afgelope jare.
  • 10:40-11:00: Verversings.

11:00-11:40:  Riaan Truter, voormalige hoof van DF Malan Hoërskool, motiveringspreker en gemeentelid, kom deel ’n paar insiggewende wyshede.

Dinsdag 18 September 10:00-12:00,  Kleinsaal

Geen koste, maar bespreek by Karin 021 976 4519.

  • 10:00-10:40: Helene Meyer, koskenner en sjef kom deel haar resepte.
  • 10:40-11:00: Verversings.

11:00-11:50:  Marius Falck, sanger en predikant van Melkbos-strand, kom sing ou vergete-,  kontemporêre- en geestelike liedere.

Woensdag 19 September 08: 45- 13:00.  Uitstappie – koste R100.  Vervoer is gratis. Beperkte plekke beskikbaar.  Bespreek en betaal by Karin (kerkkantoor).  Ons besoek Alpaca plaas, Klein            Limietrivier,  Wellington. Die boerdery, weefmasjiene en winkel met alpacawolprodukte word besigtig.  Daarna geniet ons verversings in ‘n plaaslike restaurant in Wellington.