Seniorweek

Al die seniors word uitgenooi na ons lag-ervaar-en-beleef-week.

Sondag 15 September 09:00 kerk

Oggenddiens met tee en eetgoed, na die diens,  in die teetuin.

Maandag 16 September kleinsaal 

  • 09:00: Rian Truter, motiveringspreker en eertydse skoolhoof.  Tema: Die onderste helfte.
  • 09:45: Verversings
  • 10:00 Betsie Heyns en haar groep lyndansers.  Kom leer iets van lyndanse en probeer dit self.
  • 11:45 Derick van der Merwe (voormalige hoofbestuurder van die V&A Waterfront) kom gesels oor die begin en ontwikkeling van die V& A Waterfront.

Dinsdag 17 September kleinsaal

  • 09:00 Fanie van Vuuren van Nagaland Coffee kom deel sy kennis oor koffie met ’n koffieproe en verversings.
  • 10:00 Martiens van Bart (kultuurhistoriese kenner). Onderwerp:  Die weggesteekte skatte van Jan van Riebeeck.
  • 11:00 Wena Moelich: Sanger en woordkunstenaar

Bogenoemde byeenkomste is alles gratis.

Woensdag 18 September – Uitstappie

Ons besoek die Dylan Lewis-buitelugkunsgalery, Stellenbosch.  Dit is ’n buitengewone artistieke belewenis, maar jy moet gemaklik teen trappe en ’n bult kan stap.  Koste R80 met tee en soetigheid ingesluit. Besprekings by kerkkantoor ontvangs 021 976 4519 teen Maandag 16 September.  Vertrek 09:00.