Retraite in Wellington

Moderne mense se groeiende behoefte aan stilte het die gedagte aan ’n kwartaallikse wegbreekgeleentheid na die Sentrum vir   Spiritualiteit in Wellington laat ontstaan.  Belangstellendes sal die opsie hê om as deel van ’n groep, of alleen, stilte op te soek.

Die eerste wegbreekgeleentheid is vanaf  Vrydag 5 April om 18:00 tot Saterdag 6 April om18:00.  Akkommodasie (enkelkamer met badkamer) en etes word ingesluit en koste beloop R480 per  persoon.  Bespreek jou plek by Karin, [email protected] of 021 976 4519.

Akkommodasie en etes word voorsien.  Ons sal binnekort die eerste datum vir ’n groepbespreking bekend maak.  Akkommodasie word vir 40 persone aangebied en elke gas het sy/haar eie kamer en badkamer.