Kwartaaltema: Lig wat lewe bring

 

Na Kersfees breek die Epifanietyd, of die “Fees van die Lig” soos dit ook genoem word, in die kerklike jaar aan.  Dan volg ons Jesus se reis van sy eerste optrede tot Hy in Jerusalem aan die kruis sterf.  Jesus se woorde en dade het oral LIG gebring (mense tot insig gebring). Dit het mense anders  na hulle lewens laat kyk.  In die eerste kwartaal gaan ons tydens die eredienste stilstaan by watter LIG/INSIG die Here in dié tyd in ons lewens en die wêreld bring as ons Hom hoor en luister na sy stem.

Ons tema vir die eerste kwartaal:  LIG wat LEWE bring.