Tydens skoolkwartale:

09:00 Oggenddiens in die kerk met ’n klassieke aanbiddingstyl en begeleiding word deur die Coram Deo musiekgroep behartig.

09:00 Familiediens in die kleinsaal het ’n informele aanbiddingstyl en is gerig op families met laerskoolkinders en kleuters.

09:00 Meditatiewe diens in die kapel met ’n meer gewyde aanbiddingstyl gerig op gebed, stil word en geleentheid vir oordenking.

18:00 Aanddiens in die kerk met ’n kontemporêre aanbiddingstyl gerig op jongmense en almal jonk van gees.

Kleuterkerk vir kleuters en peuters vind tydens die oggenddienste in die kleuterkerklokaal in die grootsaal plaas. Laerskool kategese vind plaas na afloop van die oggenddienste. Hoërskool kategese vind plaas na afloop van die aanddiens.

Tydens langnaweke en skoolvakansies:

9:00 Gesamentlike diens in die kerkgebou

Vir ’n argief van ons eredienste, besoek gerus hierdie skakel.