Nuwe leraar beroep

Ds. Pieter Roeloffse van die NG Kerk Prins Alfred Hamlet is beroep. 

Ds. Pieter Roeloffse van NG Kerk Prins Alfred Hamlet is na die gemeente beroep.  Die amptelike beroepingsbrief is op Woensdag 14 Februarie aan ds. Roeloffse oorhandig.  Hy het twee weke tyd om die beroep te aanvaar of te bedank.

Pieter is 43 jaar oud en getroud met Jana, ‘n onderwyseres.  Hulle het drie kinders (12 jaar, 9 jaar en 4 jaar oud).  Pieter was voorheen leraar by Nigel-Suid, PUK Kandelaar (studenteleraar), Stellenbosch-gemeente en Fontainebleau Gemeenskapskerk.