Reformerend Vorentoe

2017 – Reformerend vorentoe

JAARPROGRAM

REFORMASIEFEES (vierde kwartaal)

Stellenberg se viering van die Reformasie 500 jaar gelede bereik ’n hoogtepunt met ’n Feesweek in die vierde kwartaal.

So lyk die program vir die Feesweek wat vanaf 5 tot 12 November aangebied word:

  • Feesdiens 5 November om 09:00 – Prof. Robert Vosloo, verbonde aan die fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.
  • Tafelgesprekke met bekende sprekers vanaf 6 tot 9 Nov.  Kaartjies vir die tafelgesprek beloop R100 p.p. per aand.  Dit sluit wyn, sap, koffie en ’n vingerete in.  Indien jy al drie aande bywoon, kos die kaartjie R250 per persoon.

6 Nov 18:30 tot 20:30:  Reformasie & ekonomie – Prof. Piet Naudé

8 Nov 18:30 tot 20:30:  Reformasie & onderwys – Prof. Michael le Cordeur

9 Nov 18:30 tot 20:30:  Reformasie & demokrasie – Aartsbiskop Thabo Makgoba

  • Feeskonsert 12 November om 19:00 tot 20:00 met Zorada Temmingh (orrelis) en die US Konservatorium Kamerkoor onder leiding van Martin Berger.  Kaartjies R50 per persoon.

Kaartjies vir die feeskonsert asook die tafelgesprekke is vanaf 4 September, weeksdae by die kerkkantoor tussen 08:00 tot 13:00 te koop, of Sondae (vanaf 3 September) na die oggenddienste by die inligtingstafel.