Lydenstydprogram

Ons lydenstydprogram is aangepas volgens die riglyne wat deur die nasionale ramptoestand aangekondig is. Jy kan egter steeds soos volg inskakel:

  • Kyk Sondae na die video van eredienste wat van 22 Maart om 08:00 beskikbaar sal wees.
  • Doen Bybelstudie met behulp van die spesiale Ons glo-Bybelstudiehandleiding wat jy HIER kan aflaai.  Jy kan ook die harde kopie van die handleiding by die kerkkantoor afhaal.
  • ’n Video-opname van die gebruiklike nagmaal op Donderdagaand 9 April, asook die eredienste op Goeie Vrydag en  Paassondag sal ook beskikbaar wees.