Lewe in volkleur

Vroue word uitgenooi na ’n vroueaand op Donderdag 12 Maart vanaf 19:00 tot 21:00 in die kleinsaal.  ’n Ligte ete word bedien en die bekende spreker en skrywer, Lynette Beer,  kom gesels oor ’n lewe in volkleur.  Sy kom deel die vierkleurige temperamentmodel wat sy ontwikkel het, met ons.  Die model bemagtig mense om hulle hoogste potensiaal op persoonlike en professionele vlak te bereik.

Kliek HIER vir meer inligting rakende Lynette se bediening.

Koste: R200 per persoon.

Besprekings by Karin: 021 976 4519/[email protected]