Kamp vir minderbevoorregte kinders

Ons beoog om vanaf 6 tot 10 Desember met ’n groep van 100 minderbevoorregte tieners by die Apostelbattery-kampterrein, Llandudno, te kampeer.  Die groep kampeerders is afkomstig uit minderbevoorregte gemeenskappe in die Karoo en omgewing.  Die kamp wat met die hulp van die JAM-span aangebied word, fokus op die vestiging van positiewe waardestelsels en die ontwikkeling van leiereienskappe.  Bydraes vir die kamp sal baie waardeer word.  Uitgawes t.o.v. van vervoer en kos is hoog.

Elektroniese bydraes kan na ABSA 145 058 0011, takkode 632 005,  verwysing Apostelkamp, oorbetaal word.