ANNIBRAND GROEPE
Annibrand Juniors word uitgenooi om weekliks op Sondagoggende na die 09:00-oggenddiens die kategese besprekings by te woon. Die kleingroepe begin om 09:50 in die kerk en duur tot 10:20. Die betrokke graadgroepe sal na die diens in die kerk agterbly en saam met hulle kleingroepe aan ‘n kort 30 minute bespreking, wat by die erediens aansluit, deelneem. Ouers word uitgenooi om ‘n koppie tee of koffie te geniet terwyl hulle vir die kinders wag. Hier is die rooster vir Oktober en November.
DATUM | GRAADGROEP |
4 Oktober | Graad 5-6 |
11 Oktober | Graad 3-4 |
18 Oktober | Graad 1-2 |
25 Oktober | Vakansie |
1 November | Vakansie |
8 November | Graad 5-6 |
15 November | Graad 3-4 |
22 November | Graad 1-2 |
29 November | Kerssangdiens en kategese afsluiting |
STOKKIESDRAAI-BRAAI 24 November 2020
Ons nooi al die graad 1’s tot 4’s om op Dinsdag 24 November vanaf 15:00 tot 17:00 by die stokkiesdraai-braai op die kerkterrein aan te sluit. Koste is R30 per kind en kan die middag van die braai betaal word. Bespreek jou plek by [email protected]