Aanpassing van eredienste

Tydens vlak 3 van inperking is kerkbyeenkomste met beperkte bywoning weer toegelaat en in die lig daarvan was eredienste op 5 en 12 Julie 2020 in die kerkgebou aangebied.  Na aanleiding van die huidige skerp styging in die landwye Covid-19-infeksiesyfers, asook die ongemak van ’n beduidende hoeveelheid lidmate om groepbyeenkomste by te woon,  het die kerkraad en leraarspan besluit om eredienste in die kerkgebou vir eers, tot verdere kennisgewing, op te skort.  Ons vertrou dat ons eersdaags en onder veilige omstandighede weer die samesyn van ’n gemeenskap van gelowiges sal kan beleef.  Intussen sal eredienste soos volg ingerig word:

  • Al drie eredienste naamlik die Oggend-en-gesinsdiens,  die Meditatiewe diens asook die Relevant-diens sal soos voorheen vanaf Sondag 19 Julie om 06:00 die oggend en enige tyd daarna aanlyn op dié webwerf en die YouTube-kanaal beskikbaar wees.  Kyk gerus na die eredienste op ‘n dag of tyd wat jou pas.
  • Om troues en begrafnisse te reël kan jy direk met een van ons leraars, of die terreinkoördineerder ([email protected] / 021 976 4519) kontak maak.

Kontak asseblief enige een van die gemeenteleraars, of stuur ’n e-pos na [email protected] indien jy enige vrae rakende die aanbieding of inrigting van die eredienste het.