Handsakke vol Hoop

Op 9 Augustus vier ons Vrouedag en vanjaar wil ons graag ’n verskil in die lewens van hawelose vroue maak.  Daarom wil ons graag aan hawelose vroue in ons omgewing elkeen ’n handsak vol                    bederfgeskenke gee.  Neem ’n handsak (oud of nuut) en pak asb die volgende items daarin:

  • deodorant
  • sneesdoekies
  • ’n kam/borsel
  • handreinigingsmiddel
  • handeroom
  • sanitêre produkte
  • lipstiffie of lipsalf
  • ’n serp of mus
  • ’n notaboekie en pen en ’n sjokolade.

Gee asb. die handsak voor 14 Augustus by die kerkkantoor af.   Ons sal die handsakke in samewerking met die MES-kantoor in Bellville uitdeel.

Kom ons bring ’n bietjie vreugde in die lewe van vrouens wat dikwels aan baie swaarkry blootgestel word.

Navrae: Ds. René Potgieter 079 893 8104 / [email protected]