Gemeentekamp

Gemeentekamp 1 tot 3 Desember

Riverzicht kampeerterrein, Robertson

Ons nooi alle lidmate om deel te hê aan die heerlike ervaring.  Die jaarlikse gemeentekamp is ‘n hoogtepunt. Diegene wat nie kamptoerusting het nie kan gerus in die houthuise of reeds ingerigte bostente van Riverzicht kampeeroord plek bespreek.

Koste vir kampering:  R105 per persoon per nag en R55 per kind.  Vir karavane word R50 per karavaan/sleepwa per nag gevra.  Die plotte het almal elektrisiteit.

Koste vir houthuisies of bostente – kliek op die skakel vir pryse.

Om jou plek te bespreek (jy bespreek direk by die kampeerterrein):

Kliek op die skakel en voltooi asb. die Riverzicht kampeerterrein se aanlyn besprekingsvorm.  By die veld “spesiale versoeke” dui asb. aan dat jy deel van die Stellenberg groep is sodat jy by die gemeentegroep staanplek kry.