Fokusprogram en Lydenstyd

Lydenstyd: Spesiale eredienste

Dinsdag 16 April 19:00 *Shema meditatiewe gebed in die kapel (Philipp Dietmann)

Donderdag 18 April

18:00 Nagmaal by Edelweiss (Dr. Theo Swart)

19:00 Nagmaal in die kerk (Ds. Callie Visagie)

Goeie Vrydag 19 April 

09:00 Erediens in die kerk (Ds. René Potgieter)

Paassondag 21 April

06:30 Nagmaal in die kerk (Ds. Marius Breytenbach)

09:00 Nagmaal in die kerk (Ds. Marius Breytenbach)

19:00 Nagmaal in die kapel (Ds. Marius Breytenbach)

*Shema: Meditatiewe gebed: 16 April 19:00 in die kapel                            

Die woord “shema” verwys na Shema Yisrael  wat beteken:  Luister Israel.  Dit vorm ook die eerste twee woorde van die wet en is die kern van die oggend- en aandgebede van die Joodse volk.  Tydens die uur gaan ons stilword en luister na God.  Ons gaan ons harte en gedagtes oopstel om versterk te word deur deur sy Woord en teenwoordigheid.

Lydenstyd en Fokusprogram 7 tot 21 April

Beskerm en vernuwe jou denke – hoop in ons moeilike tye: 10 April om 19:00—20:00 in die kleinsaal

In ’n land en wêreld met baie negatiwiteit kan angs en onsekerheid jou verlam.  Hoe kan jy jou  denke beskerm en vernuwe?  Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis) en Gustav van Greunen (Kliniese Sielkundige met ’n belangstelling  in die rol wat die neuro-wetenskap in ons gesondheid speel)  bied ’n werkswinkel aan oor bogenoemde onderwerp.  Kom luister na: Waar kom angs, onsekerheid en emosionele verlamming vandaan? Is ons almal dalk getraumatiseerd? Wat is die verskil tussen destruktieke en konstruktiewe selfbeskerming? Kry perspektief op ons land en wêreld.  Praktiese wenke  wat jou kan help om in ’n gespanne omgewing te funksioneer. R50 per persoon.  Bespreking by [email protected]/021 976 4519/Whatsapp jou naam en e-posadres na 083 611 4720.

Toneelstuk: Hoop in beweging — dis OK om nie OK te wees nie. Donderdag 11 April 19:00—20:00 in kleinsaal                                         

Johan Laten stap al ’n lang pad met depressie.  In dié eenmanopvoering kombineer hy sy eie ervaring van die siekte met sy passie vir toneelkuns en wil hy graag die boodskap van hoop by gehore tuisbring.  Of jy persoonlike ervaring met depressive het en  of jy iemand ken wat daarmee worstel,  die boodskap sal jou met HOOP vul. R50 per persoon.  Bespreking by [email protected]/021 976 4519/ Whatsapp jou naam en e-posadres na 083 611 4720.

Vertoning van Jesusfilm:  Sondag 14 April 19:00 tot 20:30 in die kleinsaal

Die Afrikaanse film beeld die 33 jaar van Jesus se lewe op aarde, volgens die Lukas-evangelie, uit. Die film raak beslis ’n mens se hart aan en jou nader aan die diepte van  Jesus se lyding aan die kruis bring. Geen bespreking nodig nie.

Paassangdiens in kerk:  Maandag 15 April 19:00 tot 20:00 in die kerk                             

Jesus se lyding word met musiek en voorlesings van gedigte en Bybeltekste herdenk.  Geen bespreking nodig nie.

Joodse Paasfeesete: Woensdag 17 April 19:00 tot 20:30 in die kleinsaal

Kom geniet ’n tradisionele Joodse Paasfeesete saam met vriende of familie.  Dit is ’n  gesellige saamkuiergeleentheid.  R50 per persoon.  Bespreking by      [email protected]/021 976 4519/ Whatsapp jou naam en e-posadres na 083 611 4720.

Handleiding en CD te koop

’n Handleiding vir persoonlike Bybelstudie asook ’n CD met musiek en voorlesings van gedigte is nou te koop @ R20 per stel.  Gebruik die handleiding gedurende die verloop van die fokusprogram.  Daar is ook sessies vir kleingroepe in die handleiding saamgevat.  Handleidings en CD’s is vanoggend na die oggenddienste beskikbaar of gedurende die week by die kerkkantoor vanaf 08:00 tot 14:00.

[recaptcha]