Kyk na preke

Sondag 1 November 2020 

IN DIE KERK EN AANLYN

Oggend-en-gesinsdiens om 09:00 

Genesis 6-8 | Koördinate — Noag en die ark | Ds. Callie Visagie

Relevantdiens om 18:00 

For the love of restoration | Ds. Hanno Ackerman

 

 KYK AANLYN NA DIE DIENS

Kyk aanlyn na die oggend-en-gesinsdiens wat om 09:00 direk uitgesaai word.   Die opname van die diens is vanaf 10:00 beskikbaar en kan dan enige dag, of tyd gekyk word.

Oggenddiens 1 November 09:00

Relevant-diens 1 November 18:00

Argief van preke

Sedert 22 Maart 2020 is preke op die gemeente se YouTube-kanaal beskikbaar. Besoek gerus ons YouTube-kanaal indien jy ’n preek misgeloop het.  Jy kan ook inteken op Stellenberg-gemeente se YouTube-kanaal, dan sal jy kennisgewings ontvang van nuwe materiaal wat op die kanaal gelaai word.

Finansiële bydraes 
Gee asb. jou bydrae of bankkollekte deur dit elektronies oor te betaal na ABSA-tjekrekening, 145 058 0011, takkode 632005, of maak gebruik van die SnapScan toepassing.
Luister na die preek

Indien jy verkies om net na die preek se klankbaan te luister, kliek op die groen knoppie om na preke te luister.


 

Algemene vrae
  • Ek soek een van julle ou preke, waar kan ek toegang daartoe kry?  Besoek Stellenberg-gemeente se YouTube-kanaal.  Alle preke wat sedert 22 Maart 2020 opgeneem is, is daar beskikbaar.
  • Kan ek na die preek kyk wanneer dit my pas? Die opname van die oggenddiens is vanaf 09:00 en die Relevant-diens vanaf 19:00 beskikbaar.  Jy kan op enige dag en tyd na die opname kyk.
  • Ek wil graag na die preek op my selfoon kyk, hoe doen ek dit?  Jy kan die YouTube-kanaal deur jou selfoon besoek, maar om dit vir jou makliker te maak, kan jy by die gemeente se WhatsApp-groep aansluit.  Indien jy deel van die WhatsApp-groep is, stuur ons elke Vrydag vir jou die skakel na die nuutste preek, wat jou direk met die preek verbind asook die weeklikse gemeentebulletin.  Om deel te word van die groep WhatsApp jou naam, van en selfoonnommer na 083 611 4720.  Geen gemorspos word op die groep versprei nie.
  • Moet ek inteken op YouTube om na ’n preek te kyk?  Jy hoef nie in te teken nie, maar indien jy wel inteken, sal YouTube outomaties vir jou kennisgewings stuur wanneer nuwe materiaal opgelaai is.  Hoe meer intekenare die gemeente se kanaal het, hoe meer funksies en voordele ontvang ons ook.  Ons sal dit dus waardeer indien jy wel die moeite sal doen om in te teken op Stellenberg-gemeente se  YouTube-kanaal.