Epifanie

Na Kersfees breek ’n tyd van die jaar aan wat ons Epifanie of die “Fees van die Lig” noem. Christene volg dan Jesus se reis van sy eerste optrede tot Hy in Jerusalem aan die kruis sterf.  Waar Jesus ook al gegaan het, het sy  woorde en dade LIG gebring, of mense tot insig gebring.  Mense het skielik anders begin kyk na hulle lewens en die wêreld waarin hulle leef.  Vra jouself af watter LIG/INSIG die Here, aan die begin van 2020,  in jou lewe en wêreld bring? Wat hoor ons by God wanneer sy lig op ons lewens en wêreld val?

Ons preekreeks sal in Januarie en Februarie tydens eredienste by die Epifanie aansluit.

Sondag 19 Januarie 2020: Jesus word gedoop. (Matteus 3:13-17 en Johannes 1:29-34)

Sondag 26 Januarie 2020: Jesus word versoek. (Lukas 4:1-13)

Sondag 2 Februarie 2020: Jesus se eerste optrede. (Matteus 4:1-3 en Markus 1:14-15)

Sondag 9 Februarie 2020: Jesus kies sy dissipels. ( Lukas 5:1-11)

Sondag 16 Februarie 2020: Jesus bewys genade aan mense. (Markus 1:21-28)