Teetuin en Kafeteria

Ons het twee heerlike kuier-areas wat ons Sondae oggende na eredienste inspan vir gesellige samesyn.

  • Die teetuin is buite voor die kerk onder die bome.
  • Die kafeteria word in ons Markplein-area aangebied.

Ons benodig elke Sondag helpers wat bereid is om die teetuin te beman en ook in die kafeteria te help met die verkope van eet- en drinkgoed.  Indien jy bereid is om hulp aan te bied, kontak asb. vir Sanèl by sanel@stellenberg.co.za