Stellenberg Gemeente

Ons is ’n gasvrye makro-gemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad, waar ons ongeveer 4 000 lidmate met oop arms ontvang en begelei om hul plek as deel van ons gemeente te vind. Ons gemeente word deur ’n span toegewyde leraars en bedienaars bedien, wat saamwerk om ons gemeenskap te ondersteun en te inspireer.

By Stellenberg-gemeente kom ’n diversiteit van mense uit verskillende agtergronde bymekaar om te aanbid. Ons lidmate bestaan uit alle ouderdomsgroepe en mense wat God op verskillende maniere ervaar en daarom doen ons moeite om verskillende aanbiddingstyle in ons eredienste te vier. Ons is ’n inklusiewe gemeente waar almal welkom is.

Ons gemeentebelydenis weerspieël hierdie waardes, en ons streef om nader aan God en mekaar te leef, ’n verskil te maak en voortdurend te vernuwe. Kom kuier gerus by ons – ons sien daarna uit om jou te ontmoet!

IMG_6089
IMG_6036

Ons Gemeentebelydenis

Stellenberg-gemeente is ’n gemeenskap van mense wat streef om nader aan God en aan mekaar te leef, uit te reik oor alle grense heen en voortdurend te vernuwe.

Ons glo Jesus, ons Verlosser, leef . . .

  • in die een God: Vader, Seun en Heilige Gees;
  • in Christus, wat deur die geloof en in genade ons Verlosser is;
  • in die Bybel: die Woord van God in mensetaal;
  • in die algemene kerk van Christus waarvan ons deel is en spesifiek deel van kerke wie se geloof verwoord word in die Drie Formuliere van Eenheid en in die Belydenis van Belhar.

 

Ons streef om met die liefde van Christus, inklusief, uit te reik oor grense heen…

  • na mekaar in ons geloofsgemeenskap, ongeag ons verskille;
  • na die mense in ons werkplek, buurt en breër gemeenskap;
  • na alle mense in ons land, asook wêreldwyd;
  • na Moeder Aarde en alle vorme van lewe.

 

Ons leef as getuies en volgelinge van Christus . . .

  • nader aan God;
  • nader aan mekaar;
  • om ’n verskil in die wêreld te maak;
  • om voortdurend te vernuwe in ’n veranderende wêreld.
IMG_5960
IMG_3928

Ons embleem

Stellenberg se embleem is ’n simbool wat ons wil innooi om die gemeente-belydenis op ’n visuele manier te ontdek en ons innooi om ons eie unieke plek as deel van hierdie storie te vind. Dit is ’n simbool wat getuig van ’n geloofsgemeenskap wat glo dat Jesus ons verlosser leef, wat met die liefde van Christus, inklusief, uitreik oor grense heen en wat leef as volgelinge van Christus: nader aan God, nader aan mekaar, om ’n verskil in die wêreld te maak en om voortdurend te vernuwe.

Hoewel simbole ons op verskillende maniere innooi om betekenis te ontdek, help die volgende ons om die betekenis van die embleem te ontdek:

Die kruis van Christus staan sentraal tot ons belydenis en daarom ook ons embleem. Die kruis is oop, wat ons uitnooi om iets van Christus se genade vir alle mense, oor grense heen, raak te sien. Die vyf sirkels simboliseer iets van die diversiteit van ons gemeente en van die Koninkryk, waar elkeen ’n unieke plek het om te behoort, maar ook die inklusiwiteit van ons gemeente en die Koninkryk, wat verskillende mense bymekaarbring as deel van een Liggaam. Die blou nooi ons uit om asem te haal en rus te vind by die bron van Lewende Water, deur wie ons leef, beweeg en bestaan. Dit nooi ons ook uit om bewus te word van die blou planeet waarop ons leef, wat die Skepper aan ons toevertrou het, sodat ons al hoe meer in ritme met haar, mekaar en God kan leef.

Predikante

Ontmoet ons leraarspan:

IMG_7657

Ds. Marius Breytenbach

Gemeenteleraar verantwoordelik vir die Bybelskool, gemeentefinansies en infrastruktuur.

082 376 6053 / [email protected]

IMG_7665

Ds. René Potgieter

Gemeenteleraar verantwoordelik vir getuienisprojekte en gemeentefeeste.

079 893 8104 / [email protected]

IMG_7660

Ds. Marius Schoombie

Gemeenteleraar verantwoordelik vir die jeugbediening en kommunikasie.

083 635 1523 / [email protected]

IMG_7597

Ds. Johan Visser

Gemeenteleraar verantwoordelik vir die erediens- en geestelike sorg bediening.

072 6033 205 / [email protected]

IMG_7709

Ds. Philipp Dietmann

Tentmakerleraar verantwoordelik vir die aanbieding van die meditatiewe diens.

theoSwart

Dr. Theo Swart

Deeltydse leraar verantwoordelik vir die bediening van lidmate in Edelweiss Dienssentrum.

083 457 1647 / [email protected]

IMG_7670

Brenda Visser

Voltydse kinderwerer en verantwoordelik vir die bediening van laerskool kinders.

082 345 5535 / [email protected]