Monthly Archive: May 2018

31
May

Uitreike 2018 – hier gaan ons

Al ons jeuguitreike die afgelope skoolvakansie was ‘n groot sukses.  Ons uitreikspanne het die volgende dorpe besoek: Leeu-Gamka, Beaufort-Wes, Prins Albert, Calitzdorp, Mavusa en Bambisana. Ds. Why Duvenhage is oorhoofs verantwoordelik vir alle uitreike van Stellenberg-gemeente en het kortliks met Stellenberger ’n […]

29
May

Musiekterapie by Stellenberg Ondersteuningsentrum

Stellenberg Ondersteuningsentrum wat berading en mediasiedienste aanbied, het ook nou ’n musiekterapeut wat haar dienste by die sentrum beskikbaar stel.  Almarie du Preez, ’n geregistreerde musiekterapeut, vertel ons meer van dié nuwe benadering in terapie. Wat is musiekterapie?  Dit is […]

29
May

Stellenberg se medewerker in Frankryk

Die gemeente se medewerkers is oor ons kontinent en die res van die wêreld versprei.  As gelowiges is dit vir ons belangrik om dié dissipels van Jesus te ondersteun in die uitbou en uitdra van God se koninkryk.  Ons plaas […]

29
May

Die Kaapse waternood het ons nader aan ons

Die waternood in die Kaap het ’n nuwe dimensie tot ons lewens toegevoeg, en skielik klink  Mad Max Rockatansky se stryd op oorlewing nie meer so vergesog nie, maar het dit nou heel geloofwaardig geword. Ons Kapenaars het ook geleer […]

28
May

Gemeentebraai Vrydag 1 Junie 2018

Kom braai gerus saam met ons op Vrydagaand 1 Junie in die markplein.  Bring jou eie vleis, slaai, eetgerei en drinkgoed.  Die kole sal vanaf 19:00 gereed wees.  

25
May

Beroep

Ds.  René Potgieter, tans leraar van die NG Kerk Gamkavallei in Beaufort-Wes is op 23 Mei na die gemeente beroep.  René is getroud met Dries en hulle het twee seuns, Jaden en Joshua.  Sy het die beroep aanvaar en word […]

21
May

Klouterkerk 27 Mei om 09:00

  Gesinne met kleuters en babas word weer uitgenooi na die Klouterkerkbyeenkoms op Sondag 27 Mei om 09:00 in die grootsaal. Die jongspan is ook baie welkom by hierdie informele erediens, bring hulle gerus saam.

07
May

Borg-‘n-bersie-projek

Die jeugbediening wil graag 3 000 kombersies vir die komende Julie-uitreike insamel. Dit raak baie koud in die Karoodorpe waarheen ons uitreik en ons hoop om vir kinders en bejaardes kombersies uit te deel as pantser teen die koue Karoowinter.  […]

07
May

Insameling van nie-bederfbare kosprodukte

  Daar is steeds ’n groot behoefte aan nie-bederfbare kosprodukte.  Maak asseblief ’n bydrae deur enige produkte soos koffie, tee, langlewe melk, suiker, blikkieskos, meel, pasta, rys, ens. bo op die wit kas onder die trap in die voorportaal van […]